Neurolinguistiek

Oppervlakte van die menslike verstand, met Brodmann areas genommer
ʼn Beeld van senuweenetwerke in die brein geneem met behulp van diffusie-tensor beeldvorming

Neurolinguistiek is die studie van die neurale meganismes in die menslike verstand wat die begrip, lewering en verwerwing van taal beheer. As ʼn interdissiplinêre studieveld put neurolinguistiek uit die metodiek en teorie van vakgebiede soos neurowetenskap, taalkunde, kognitiewe wetenskap, neurobiologie, kommunikasie afwykings, neuropsigologie en rekenaarwetenskap. Belangstellende navorsers betree die vakgebied vanaf verskeie agtergronde, en bring ʼn wye reeks eksperimentele tegnieke saam, asook wyd uiteenlopende teoretiese sienswyses. Baie van die werk in neurolinguistiek word onderskryf deur modelle vanuit psigolinguistiek en teoretiese taalkunde, en word gefokus op ondersoeke van hoe die verstand die prosesse kan implementeer wat deur teoretiese en psigolinguistiek voorgestel word, wat nodig is vir die lewering en begrip van taal. Neurolinguiste bestudeer die psigologiese meganismes waarvolgens die verstand inligting rakende taal verwerk, en evalueer taalkundige en psigolinguistiese teorieë deur gebruik te maak van afasiologie, breinbeeldvorming, elektrofisiologie en rekenaarmodellering.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search